Home Proudly South African Sports Swimming

Level 3 Swimming 2016: Memoirs of a Mom

In the compelling report below Rene shares her journey as a parent of a young athlete. Early mornings, late nights, tired bodies and all the challenges that are strewed along the journey to success. Success is never given on a platter it is always earned by blood, sweat and tears. There are NO shortcuts to success: you cannot cheat the grind! Always a lesson, never a failure. What strikes me about her account is the gratefulness to God, the humility and the joy of being blessed. This gives hope for many parents and young athletes on this same journey. Thank you and congratulations Riekert Family!

Ethan Level 3

Written by Rene Riekert: mom of brilliant youth Swimmer Ethan Riekert

“Terug by die huis met 10 medaljes: 1ste 50 back; 1ste 50 free; 1ste 100 free; 1ste 100 back; 3de 200 back; 2 x 1ste vir relay; 1x 2de vir relay en 2 x 3de vir relay Maar wat beteken dit? Waar begin dit?

Het dit begin by daardie swemskool gala met daardie eerste plastiek medalje, of was dit ‘n juffrou wat gese het daar is talent, of was dit soos Ryk Neethling se daardie eerste nederlaag wat jou net wil laat terug veg? Want verloor was nog nooit lekker nie. Doelwitte moet bereik word. Harde werk is nie vir niks nie.

Dit begin maar eers by ‘n rustige 2 keer per week. Dan so stadig aan meer en meer dan na ‘n rukkie kan niemand meer onthou hoe dit skielik so gereeld is nie! Vriende en familie is al gewoond as ons se ”jammer maar Ethan moet swem”. Nou is dit al 8-10 keer ‘n week. 3 keer ‘n week 4 uur opstaan. Laat gaan slaap.

IMG_6972

Hy val darem nog nie vir die snaakse dieeet nie, so daar is ek nog veilig (vir nou J) behalwe die hoeveelheid eet, want swemmers raak mos honger. En dan is dit die nat handoeke die huis vol is; sake pak; geldjies uit haal vir nuwe racing costumes wat so dun is soos ‘n sykouse maar so duur is soos ‘n aandrok . Naweek vir naweek sit by age groups.

En dan om te kwalifiseer vir level 3, enige kind se droom en ‘n ouer se nag merrie amper want ons weet wat wag. Hierdie foto van die swembad spreek soveel meer as woorde, hier is baie emosies opgevang. Trane van vreugde, trane van blydskap, elke kind het ‘n verwagting wat ‘n jaar lank voor geoefen word: 15 ure per week, elke dag van die jaar wat in bv 30 sekondes ‘n uitkoms gee. En ‘n 13 jarige moet dit net daar kan hanteer: uitklim en aangaan. Omdraai weer swem of niks nou gebeur het nie. So asof ‘n droom nou glad nie in skerwe gespat het nie. En ma moet weer die stukke optel.

Om ‘n voorbeeld te gee met die 50 free was daar 48x 13 jariges wat deel geneem het met tye wat splitsekondes verskil. Almal werk min of meer ewe hard glo ek want jy moet as jy level 3 is. Wie is die een wat wen? Die een wat die beste coach het? Meeste getaper het? Luck? Talent? Mental fitness? Beste touch? Vinnigste draai? Genade?

Maar sien verloor is nie verloor nie, nie by levels nie. Eintlik wen almal . Daar is so baie om te leer. Dit is Hoe jy jou race geswem het! Hoe het jy uitgeklim? Dankbaar of negatief!? Jy was deel van die bestes in die land. En nie net jy in die water maar jou ondersteuners in die stand.

IMG_6976

Kon jul leer of is dit nou weer iets of iemand se skuld? Om te PB (personal best) of te kwalifiseer is relatief teenoor ons houding en dankbaarheid. Die ure se oefening gaan nooit ophou nie; die wen en verloor ook nie.

En die dankbaarheid en nederigheid in sy oe wat ek daar beleef het teenoor sy Vader, coach,medeswemmers en ouers sal ek nooit vergeet nie. Hierop is ek die trotste!

Ek wil bevoeg: voor Levels het die Here my ‘n belofte gegee dat dit sal goed gaan en Hy het Ethan uit sy sokkies geseen. “Omdat Ek jou Genadig is en omdat jy gevra het en Ek belowe het om te antwoord sou jy vra”. Ek het tot voor die tyd vir sy coach gese ons is rustig. Hoe awesome is dit.

Dankie aan ons Here wat ons gedra het hierdie jaar en week. Want glo my dit was en is tuff. Baie dankie vir elkeen wat ons op hierdie paadjie ondersteun want ek het al menigmaal gewonder is dit die moeite werd; is hy nie te jonk nie? Maar die passie wat hom dryf is onomkeerbaar”.

IMG_7146

IMG_7121

  • Subscribe to Blog via Email

    Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

  • Ad
  • Ad
%d bloggers like this:
Skip to toolbar